Bible Answers
Back to questions
Hoekom aanbid ons nou nie eenkeer n maand op die nuwemaan nie?
Dis belangrik om sekere beginsels in die Bybel te verstaan: 1. Die sewendedag Sabbat arriveer nie sonder enige natuur wet soos dag, maand of jaar nie maar het sy oorsprong in die skeppingsweek met die Skepper wat op die sewendedag spasie in tyd skep en dit vul met Homself. 2. Dit arriveer voor die sondeval en Jesaja 66 herbevestig dat dit steeds op die Nuwe Aarde herdenk sal word. 3. Die era van die patriarge kom eers 2500 jaar later. 4. Die opdrag in vierde gebod om die Sabbat te herdenk is omdat God die Skepper is (in Eksodus). 5. In Deuternomium bevestig die vierde gebod die herdenking van die Sabbat omdat Jesus hulle uit die slawehuis/of slawerny van sonde uitgered het. Die Sabbat is dus 'n aanbidding van God as Skepper en aanbidding van God as Verlosser. 6. Die Sabbat in Ese. 20:12 en 20:20 is die teken van God wat ons heilig maak en dat dit erkenning gee aan Hom as God. 7. Die Bybel gebruik maan maande van 30 dae, maar die gebruik kom eers in werking met die Lente en Herfs feeste van die Joodse ekonomie of agrariese kalender. Sewe feeste wat die werk van Jesus en die plan van verlossing visueel voorstel. Die die seremoniële sabbatte word bepaal deur die verskyning van die nuwe maan. 8. Die seremoniële sabbatte het dus jaarliks nie op dieselfde dag van die week geval nie en as dit wel op 'n Sabbat geval het, het dit bekend gestaan as 'n hoë of groot Sabbat: Joh. 19:31 - En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — want die dag van daardie sabbat was groot. 9. Die Nuwe Testament bevestig oor die seremoniële sabbatte die volgende: Joh. 6:4 - En die pasga, die fees van die Jode, was naby. Ook in Joh. 7:2 - En die fees van die Jode, die huttefees, was naby. Die seremoniële sabbatte was dus gekoppel aan die Joodse volk. 8. Die Sewendedag Sabbat is vir almal: Eks. 20:10 -maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God, en ook Markus 2:28 - Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat. 10. Die weeklikse Sabbat was 'n opdrag van God en is reeds in die Tuin van Eden ingestel. 11. Die volgendemoet in die verband in ag geneem word: Matt. 5:18 -Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 12. Die Joodse feeste se geassosieerde sabbatte met die regulering volgens die maan was net skaduwees. Die skaduwee wys op dit wat die ware is. 13. Die 10 gebooie word deur God self op klip geskryf en gebêre op die Heiligste Plek in die Joodse godsdiens naamlik in die verbondsark onder die versoendeksel. Hierteenoor word die regulering vandie feeste deur God oorgedra aan Moses op die berg en hy skryf dit op perkament . dit was langs die ark geplaas: Deut. 31:24 - En toe Moses die woorde van hierdie wet klaar in 'n boek geskryf het tot die einde toe, 25 het Moses aan die Leviete wat die verbondsark van die HERE gedra het, bevel gegee en gesê: 26 Neem hierdie wetboek en sit dit neer aan die kant van die verbondsark van die HERE julle God, dat dit daar as getuie teen jou kan wees. 14. Daar is 'n duidelike opdrag in die Bybel oor die weeklikse sewendedag Sabbat wat van sononder tot sononder onderhou moet word. Ons lees egter nêrens daaroor om nuwe mane as sabbat te gedenk nie!