Bible Answers
Back to questions
Hoe studeer ons die Bybel en hoe groei ons geestelik?
Die Here ontmoet ons waar ons is maar gelukkig los Hy ons nie daar! So vir enige iets wat lewe het is groei nodig, anders sterf dit, selfs ook geestelik. Is daar dan iets tasbaars wat ons help in die groei? ‘n Hele volk kry ‘n visuele model oor die plan van verlossing waarna on in diepte gaan kyk en waarhede leer. Ons arriveer by ‘n enkel deur. Joh. 10:9 “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.†Joh. 14:6 “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie†Die Tabernakel as voorbeeld van ontwikkeling en geestelike groei. Voorhof: Die Koperaltaar is waar die sondaar oortuig is van sy sonde en herstel verlang. Deur sy lammetjie te bring as offer is ’n voorstelling van Christus op die kruis, daar waar die sondaar regverdig verklaar word deur Jesus se bloed. Hierna ontstaan die behoefte tot herstel van verhouding met God. Die kope waskom stel die reigning en doop deur onderdompeling voor wat inskakeling by die geestelike verseëling wat lei tot die begeerte Na verhoudings met die geestelike familie in ’n omgewing van liefde en eensgesindheid. Heilige plek: Tafel met toonbrode stel Jesus voor as die Brood van die lewe. So ook kan mens kyk na die manna wat in die woestyn vrylik gegun was. Joh. 1:14â€En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid. Bybelstudie is die internalisering van die Woord. Kyk hierna as twee hopies brode 6 en 6 tot die totaal 12. Daar is 12 patriarge van die Ou Testament en 12 Dissipels van die Nuwe Testament. Dit verwys na tipes van die kerk van vandag en dit interessant dat dit ook gesien kan word as 66, wat die totale getal Bybelboeke is. Reukofferaltaar wat oggend en aand bediening behels, is aanduidend van die gebed van die heiliges. Dit steun die belangrikheid van gebed en praat met God waarna ons kan verwag dat HY luister en antwoord in sy Woord wat met effektiewe Bybelstudie plaasvind. Nou 7 goue kandelare. Ons vind dit inn Openbaring bevestig dat Jesus staan tussen hulle as simbool van die 7 kerke, wat ook die ware kerk deur al die eeue verteenwoordig. Die Skrif sê ons moet ons lig laat skyn, so ons weerkaats Jesus aan die wêreld. Daarom is Bybelstudie, gebed en deur te deel met andere die meganisme om suksesvolle lewenswandel met Christelike te geniet en sodoende deur groei, asook heiligmaking, volwaardige kinders van God te wees. Ons kan oorsigtelike beeld van die Bybel verkry deur die vinnige en oppervlakkige lees daardeur. Diepte studie oor onderwerpe is noodsaaklik waardeur ons alle tekste biddend en onder genade besoek en aan onsself vrae te stel. As ’n voorbeeld mag ons vra, wat het ’n sekere teks vir die mense in daardie tyd gesê en geleer? Het dit steeds sekondêre betekenis of ook vervulling in ons tyd? Wat leer dit van die heilsgeskiedenis of verlossing, of, wat leer dit van die Godheid en sê dit iets oor die eindtyd of apokalipsis? Jesus sê: Joh. 5:39 “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.†1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; “ Ons het nodig om van Jesus te getuig!