Bible Answers
Back to questions
Hoe stap ons agter Jesus aan?
Joh. 17: 3 - En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Joh. 5:39 - Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig. Die Bybel is ons kompas en rigsnoer: Let op volgende: Joh. 1:14 - En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid. Die Bybel is Jesus in skrif vorm en ons volg sy voorbeeld: 1 Pet. 2:21 - Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Hoe gebeur dit? 2 Kor. 3:18 - En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. Ons moet dus na Hom kyk met ons geestes oë soos ons die Bybel studeer. Ons moet deel word van ons nuwe hemelse gesin: Joh. 3:3 - Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Die doop van wedergeboorte is dus baie belangrik in die proses Dan die goeie nuus: Fil. 1:6 - omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; Jesus doen die werk en Hy doen nie halwe werk nie! Onthou ook: Jak. 5:16 - Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag. Die Christelike lewe is Bybelstudie, gebed en om dit wat jy leer met ander te deel. En so verander die Here ons in die proses