Bible Answers
Back to questions
Hoe sien die Here iemand wat buite huwelik seksueel aktief is, en hoe impakteer dit op toekomstige verhoudings?
Gewoonlik moet ons, ons sondes bely daar waar dit gepleeg is nl. In die publiek en voor almal, as publieke sonde sou wees. Andersins, teenoor die persoon waarteen ons teen Jesus se beginsels opgetree het. Dan is daar ook private of persoonlike sondes wat ons in ons binnekamer teenoor God moet bely! Ons bid juis vir sensitiwiteit vir die Heilige Gees se stem vir oortuiging sodat ons bewustelik enige probleme mag herstel. Die Here gee vergifnis indien ons opreg vra en aanhou sensitief verkeer vir die inwerking van die Heilige Gees. Die verkeerde vleeslike stap geneem deur ons vriend/vriendin is n privaat saak wat nie noodwendig met ons gekommunikeer hoef word nie, behalwe wanneer dit in vertroue aan ons meegedeel word met die doel van eerlikheid en respek teenoor die huidige verhouding waar eerlikheid n basis is. Dit hoef alleenlik teenoor die betrokke persoon herken word as n vleeslike oortreding wat nie volgens die Heilige Gees aangedrewe was nie. So ‘n besluit deur n maat sou suggestief aandui dat hulle eerlikheid hoog plaas sodat daar nie op n huweliks- aand verrassings voorkom nie. Dit plaas dan die bal in ons kant vir leiding deur die Heilige Gees vir vergifnis en bepaling van ons eie gevoel en waarde aan so ‘n verhouding. Matt. 6:12 “en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.†1 Joh.1:9 “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.†Miga 7:19 “Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.†Die Bybel sê ook: met die maatstaf waarmee ons meet, sal vir ons gemeet word. Ons besef ook dat in ons menslikheid is daar ideale wat soms vaal en daarom tref die Here soms noodmaatreëls. Dit was nie in die Here se plane vir die mens dat hulle sou skei nie, maar weens die hardheid van hulle harte het die Here toegelaat dat Moses n skeibrief gee onder besondere omstandighede. Die Here begeer dat ons nie soos babas in die geloof sal wees nie maar volwasse Christene, wat reg kies omdat die Here se karakter op die vlees tafels van ons harte is asof Jesus self gekies het. Gelukkig gee die Bybel voorbeelde wat ons help sodat ons in ‘n sondige wêreld in die rigting van God se ideale volg. Matt. 1:3 “en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar,†Gaan lees gerus in Gen 38 die geskiedenis waar Tamar verkrag is en dan hartseer later as straatvrou deur Juda haar skoonpa op die pad gebruik is. Hy wou haar laat stenig maar dan bring sy na vore sy pand, staf en gordel wat hom laat besef hy het haar nie die beskerming gegee, soos wat dit in daardie tyd nodig was vir ‘n vrou nie. Jesus se voorsaat is die produk!!! Watter God aanbid ons? Ons aanbid die God van tweede kanse! Matt.1:5 “en Salmon die vader van Boas by Ragab,†Ragab was die hoer wat die verspieders weggesteek het omdat sy berou gehad het oor haar seksuele onverantwoordelikheid, daarom het sy bekeer tot ‘n geestelike Israeliet. Die Here eer haar in erkenning oor wat in haar hart gebeur het, en sy is weereens n voorbeeld van ‘n God van tweede kanse. Sy is ‘n voorbeeld van die ekstreem, maar die Here bevestig dat sy ook nie die sonde teen die Heilige Gees gepleeg het ten spyte van wat in haar lewe gebeur het nie want wanneer die Heilige Gees aan haar deur klop antwoord sy positief. Hierdie pas in met die moderne situasies alhoewel meestal minder ekstreem. Die God van liefde bied almal in elke situasie tweede kanse. Wanneer ons opreg om vergifnis bid met die opregte voorneme in ons harte dat ons die oortredinge nie sal herhaal nie het ons wonderlike geleenthede vir foute en misstappe behoort diegene teen wie n oortreding gedoen was, n verandering in ons waar te neem wat ook menslike vergifnis mag meebring. Joh. 8:11 “En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie weer nie.†Jesus skryf ons veroordelaars se sonder in die sand en soos hulle oor sy skouer loer raak hulle week in die knieë oor hulle eie sondes en waarvan Hy skrywe en verdwyn saggies een vir een. God se vergifnis is herstel asof ons nie gesondig het nie alhoewel God nie sag is op sonde nie, maar Hy wys nie ‘n boetvaardige sondaar weg nie. Ons kan in verskeie aspekte van Maria se lewe sien dat sy nie net van die gevolge verlos is nie, nee sy is verlos van haar roete weg van God, en haar gedrag daarna word nou nog steeds oor gepreek wat ons motiveer dit stel Jesus in ‘n enorme goeie lig!