Bible Answers
Back to questions
Hoe oud sal 'n baba in die hemel word?
Hierdie vraag reken ek sentreer rondom gedagtes geopper in laaste hoofstukke van Jesaja. Jes. 65:20 “Daarvandaan sal nie meer kom 'n suigling van 'n paar dae of 'n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.†Jesaja skryf hier met voorspellings vir Israel en wat die verloop sou wees indien hulle by hulle deel van die ooreenkoms gebly het sou bly. Die volke rondom sou soos met Israel in die woestyn die fisiese voordele wat Israel ervaar het om met God in vennootskap te wees kon visualiseer. Egter weereens laat Israel hulle God in die steek en nou is daar sekondêre vervulling wat deur geestelike Israel gedoen sou word, maar nou is dit die finale resultaat en nie via progressiewe vertroue aktiwiteit wat met genealogiese Israel moontlik sou volg nie, daar is nou nie tussen stappe nie nee net die finale volmaakte eindproduk. Egter beteken die gedeelte dat Israel hulle volle potensiaal in aardse dimensies sou kon bereik. Daarom kon ons wel reken dat seun eers by 100 goed deur pubertyd sou wees en dus “sterf†omdat volwassenheid volg en nie meer ‘n kind nie. Egter in die sekondêre vervulling weet ons dat die vraag ‘n aardse vraag is want: hoe oud word hou nie reken met die gedagte van ewigheid nie. Kinders en babas gaan in die hemel arriveer met geen risiko om ooit weer te sterwe nie en groei sal die resultaat wees en die tempo van groei in die volmaakte omgewing het ek geensins logiese info oor nie buiten dat dit meer ideaal is as hier en dus sal wasdom en potensiaal sekerlik bereik word.