Bible Answers
Back to questions
Hoe onderhou ek die Sabbat?
Hier bied ons talle Bybelse riglyne oor hoe die Sabbat onderhou moet word. Levitikus 23:32 “‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul Sabbat hou.†Jesaja 56:2 “Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie. (Spesiale seën vir die wat Sabbat hou)†Eksodus 20:8-12 “vertel vir ons dat die dag 'n heilige dag is wat apart gestel is van die ander dae†Levitikus 23:3 “Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag (Basies beteken dit dat dit 'n spesiale dag van samekoms is, waar die bedoeling aanbidding is).†Lukas 4:16 “Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.†Paulus het dieselfde gewoonte gehad - Handelinge 18:4 “En hy het elke Sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. Eksodus 20:8-12 vertel ons ook dat die Sabbat nie 'n dag vir sekulêre werk is nie. Jesaja 58:13, 14 “As jy jou voet terughou van die Sabbat--om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; 14 dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.†(Dinge soos sport, sekulêre speletjies, vermaaklikhede, ens. is nie in harmonie met die heiligheid van die Sabbat nie). Nehemia 13:15-22 “In dié dae het ek in Juda mense gesien wat op die Sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het. 16Ook die Tiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die Sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop. 17En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig? 18 Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die Sabbat te ontheilig! 19En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die Sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die Sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie. 20Toe het die Koopmans en handelaars in allerhande koopware 'n paar keer buitekant Jerusalem vernag. 21Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van dié tyd af het hulle nie meer op die Sabbat gekom nie. 22Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid. (Die Sabbat kan ontheilig word deur daarop te koop en te verkoop en om die betekenis te vertrap deur gewone wêreldse aktiwiteite). Mattheus 12:11-13 “Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die Sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? 12Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die Sabbat goed te doen. 13Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een. (Jesus illustreer die vreugde daarvan om goed te doen op Sabbat). Markus 2:23-28 “EN terwyl Hy op die Sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk. 24Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die Sabbat wat nie geoorloof is nie? 25En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het —26hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Ãbjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het? 27En Hy sê vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie. 28Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat. (Jesus het na die fisiese behoeftes van Sy dissipels omgesien. Die Sabbat is dus 'n illustrasie dat God na ons behoeftes sal omsien). Eksodus 16:28-30 “Toe sê die HERE vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou? 29Kyk, omdat die HERE julle die Sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. 30So het die volk dan op die sewende dag gerus. (Die hele les van Eksodus 16 was sodat ons moet verstaan om alles vir die Sabbat reeds op die sesde dag voor te berei). Mattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30want my juk is sag en my las is lig. (Die goddelike uitnodiging is om rus te kom vind in Jesus. Elke Sabbatdag voorsien die geleentheid om ons toewyding aan die Here te hernu).