Bible Answers
Back to questions
Genade-deur is dit 'n realiteit?
Sluiting van die genade deur het ‘n tipologiese assosiasie: Gen. 7:4 “Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde,†Noag en sy gesin, agt mense in totaal het die ark binne gegaan. Ná die sluiting van die ark deur wat deur die engel uitgevoer word, het nog sewe dae verloop voor die reën begin het. Let spesifiek op dat diegene buite die ark nie geweet hulle lot is verseël nie en daar was nie verdere genade beskikbaar nie. Die genade was Reeds opgebruik en God se geregtigheid en oordeel het begin. Ons kan dus verwag dat wanneer Jesus in die hemelse tempel opstaan en sy versoeningswerk staak, dan is die lot verseël en is dit wat volgende beskryf word ‘n realiteit: Openb. 22:11 “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.†Wanneer ons rondom ons waarneem is daar net chaos wat die indruk skep dat die Heilige Gees, Homself stadig en seker onttrek. Daar is genadiglik steeds mense wat hulle bekeer en hulle roetes verander terug na God toe. Gee agting dat by die sterfte van die mens is rede vir genade verby en dus is die persoonlike genade deur gesluit. Alhoewel die begrip van die sluiting van die finale genade deur belangrik is, is die feit dat ons nie weet wanneer ons sterf dalk van groter waarde vir inagname. Met die verseëling van die regverdiges deur die seel van God word die genade deur gesluit. Die hoofstukke 8 en 9 in die boek Eségiël verduidelik die waaroor die oudstes sug en steun, en waarom alleenlik sekeres vir God gemerk word. Openb. 13:16 “En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vry mense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.†Wanneer hierdie verseëling voltooi is en alliansies vasgemaak is; wanneer elkeen intellektueel en geestelik so gevestig is dat jy nie sal kan beweeg nie … is die lot verseël. Die Here se koms is dan voor die deur en geen keuses is verder beskikbaar nie … Vir of anti Christus. Boosheid sal eksponensieel toeneem en God se navolgers sal soos Elia moet gaan wegkruip tot Jesus se wederkoms!