Bible Answers
Back to questions
Die Huwelike, ook oor rasse grense? - Bybelse riglyne
Vriend die Here is eksplisiet dat die huwelik heilig is. DIE HUWELIK Gen.2:24 “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.†Exo. 20:14 “Jy mag nie egbreek nie.†Matt. 5:28 “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.†Die voorbeelde on Ou Testament van veelwywery was deur God alleenlik verdra, en vorm geensins sy ideaal vir die mens in ‘n sondige wêreld nie. God bevestig Sy ideaal in die Nuwe Testament. 1 Tim. 3: 2 “'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; 3 geen drinker, geen vegter, geen vuil gewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; 4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.†HUWELIK OOR DIE RASSE GRENS Dit is algemene kennis dat die huwelik ‘n uitdaging mag wees, selfs met iemand van dieselfde agtergrond en kultuur en selfs al bestaan daar ooreenkoms in denke, jou geloofsverband of taal. Daarin teen is dit dan ook prakties dat die teenoorgestelde; verhoudings oor rassegrense sou voorkom as selfs erger uitdagend. In die Bybel is daar geen steun dat God witbroodjies het nie. Num. 12:1 “En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem. 2 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor. 3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. 4 Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom. 5 En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom. 6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek. 7 So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou. 8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie? 9 En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. 10 En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats! 11 Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie. 12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie. 13 En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!†Die vooroordeel hier teen Moses se vrou wat Kusities was en van gekleurde oorsprong was, word hier ‘n sonde genoem! Ook bevestig die Nuwe Testament hoe God die mens sien. Gal. 3:26 “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.†Ons almal se heil lê in die volgende: Fil. 2:5 “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.†Kom ons volg Jesus se voetspore en gee ons broer en suster van enige ras die geleentheid dat hulle hul potensiaal bereik. Die Here seën!