Bible Answers
Back to questions
Ek ervaar nie greintjie waarheid na die eerste OBH whatsapp lesing nie. Is dit nie maar weer net een kerk se dogma nie?
Vriend - dis interessant dat die persepsie tog menigmaal gehoor word. Na bloot een lesing is daar 'n persepsie dat dit een groep se dogmatiese standpunt is. Dit laat my dink aan die persoon wat deur 'n sleutelgat van ‘n vertrek kyk om in detail die inhoud van die vertrek te beskryf. Nie eers een greintjie van waarheid nie? Dan vra ek onwillekeurig - nou wat van die aangehaalde Skrif verwysings? Is dit dan nie waarheid nie? Ek dink mens kan dadelik die dilemma van so persepsie al insien. Kom ons maak enkele opmerkings met betrekking tot die perspsie. Die Bybel gee vir jou en my pragtige riglyne waarvolgens materiaal soos die beoordeel kan word. Jes. 8:20 - Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie. Dis duidelik as ons die Bybel se volle getuienis gebruik, vrywaar dit ons om nie blootgestel te word aan misleiding nie. Jes. 30:21 - en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan. Indien jy en ek die Here vra dat ons sensitief gemaak word sal Hy via sy Heilige Gees vir ons laat weet of dit God se bekende stem sou wees. As voorbeeld kan ons let op wat met Jesus in die wildernis gebeur het: ‘n engel (die duiwel) kom kwoteer tekse vir Jesus, maar omdat Hy Hom op die Heilige Gees verlaat, is Hy in staat om te weet dit is nie van sy Vader nie. Hy reageer dan deur drie keer uit Deuternomium aan te haal en wys die duiwel op die regte posisie. Die Bybel leer ons dat daar net een weg na God toe is. Die hartseerste woorde moet sekerlik die volgende wees: Matt. 7:22 - Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Jesus sê daar is ‘n weg na God. Ons kan maar deeglik kennis neem hiervan! Joh. 14:4 - En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. 5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Ons ewige lewe is gekoppel aan ons verhouding met Jesus! En die Woord vertel ons wie Jesus is Joh. 17:3 - En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Joh. 1:14 - En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid. Ons moet maar altyd die Bybel onderoek/bestudeer. Verkieslik in ons binnekamer en dan onthou om die Heilige Gees uit te nooi om teenwoordig te wees en ons toe te lig soos nodig. Hoekom? Want Handelinge waarsku: Hand. 17:30 - God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, Daar is dus fases waar navolgers van God onkundig was, maar die tyd is verby en met 'n oorvloed inligting tot ons beskikking moet ons soek vir die voetspore van Jesus - want dit is die roete na die ewigheid: 1 Pet. 2:21 - Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Daarom is dit wys vir die student van die Skrif om die Heilige Gees te vra om die voetspore van Jesus wat gevolg moet word vir ons uit te wys! Dis interessant om op te let dat Paulus vir die kerk van sy dag nuwe "waarheid" bring en dit was die weg na God: Dis belangrik om te besef dat sommige geroep is om inligting te deel sodat ander die weg gewys kan word. Maar die student moet 'n gesindheid openbaar wat bereidheid toon om te wil leer: Hand. 8:30 - En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? 31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. Hand. 18:24 - En 'n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in AlexandrÃë gebore was, 'n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte. 25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het. 26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en PriscÃlla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê. Groei vind plaas by diegene wat reeds die weg begin stap het. Ek dink dis duidelik dat ‘n Weg - wat in Paulus se tyd gesien is as die dogma van ‘n denominasie - eintlik gedui het op God se gemeente, Sy bruid, die ware kerk: Hand. 19:8 - En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan. 9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan Hand. 19:23 - En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie. Ons kan die persepsie ook anders benader. Mense dink hulle moet volg waar die hoogste getalle is en die minderheidsgroepe moet afgemaak word as ‘n sekte: Hand. 24:14 - Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is Ex. 23: 2 - Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie. Vriend ek glo jy is opreg in jou verhouding met die Here. Die Bybel inligting bevestig dit sal net ‘n oorblyfsel wees, en dus die kleiner groepie wat gereed sal wees, en hulle kenmerke word duidelik uitgestippel: Openb. 12:17 - En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou En wat doen die groepie: Openb. 14:4 - dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan Ek bid vir ons almal die oogsalf wat ons moet bekom sodat ons sal waak teen misleiding. Ons sal miskien ook die bril waarmee ons kyk moet aanpas as dit toegewasem is met historiese vooroordele en oorgeerfde kennis: Mark. 7:7 - Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.