Bible Answers
Back to questions
Ek dink ek het ‘n profetiese gawe en is gevul met die Heilige Gees, hou dit dalk gevaar in?
Of persone droom of dinge voorspel wat waar kom maak dit nie per definisie vanaf God nie en die Bybel gee riglyne. Jes. 8:20 “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.†Indien jy daarop aanspraak maak as agent van God, dan is dit belangrik dat jou getuienis die basiese teologiese informasie van die Bybel i.t.v. die HG reflekteer. 2 Pet. 1:20 “terwyl julle veral dÃt moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; 21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.†Hiervolgens sal die Heilige Gees alleenlik agente gebruik wat reeds deur die Hom geleer is en dus sal diegene teologies volgens die Bybel absoluut akkuraat wees. 1 Joh. 4:1 “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.†Dus is ons verplig om geeste op die proef te stel! Hand. 16:16 “En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. 17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. 18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.†Hier vind ons bewys dat die slavin se voorspellings waar geword het maar dat die leiding hierin nie vanaf God gekom het nie. Dit was ‘n uitstekende misleiding en net diegene met geestelike onderskeiding kon identifiseer dat die boodskappe ‘n ander bron het, en dÃt was nie uit die troonkamer van God nie! Hierdie ervaring wat u beskryf hou dan ook risiko in dat dit outentiek voorkom, maar is moontlik nie op teologie gebaseer nie en eintlik op emosionele gevoel. In my gesprekke met diegene wat bonatuurlike ervarings het, is daar n enorme probleem in die volgende sin. Hulle ignoreer soms die fondasie van die Bybel en gebruik die ervaring, die gevoel, as bevestiging dat dit wel van God terwyl die basiese Bybel teologie nog nie deur die Heilige Gees aan die persoon geopenbaar nie. Die Here werk wel deur profesie en profete maar daar bestaan groot risiko vir misleiding, veral aan die einde van tyd. Daar is ‘n sekere bediening deur ‘n Ma en haar seun deurdat hy ‘n s.g. spesiale gawe besit omdat hy n geweldige ongeluk oorleef het. Die aanspraak is dat hulle direkte informasie vanaf God ontvang. Deel van die getuienis en aanspraak waarop die seun steun is dat hy in die hemel was, en in dié tyd het hy kinders daar gesien wat jonk gesterf het. Met sy bediening stel hy nou ouers gerusstel dat hulle kinders hemel toe is. Baie ouers het hieruit berusting geput! Hierdie getuienis pas egter nie in met die Bybelse weergawe van wat gebeur na die dood nie. Alle mense, selfs kinders is in die graf en gaan nie direk die hemel binne nie. Dit is dan duidelik dat hierdie informasie i.v.m. bonatuurlike aansprake nie van Jesus is nie, maar inderdaad vanaf die alternatief! Wees versigtig! Matt. 10:16 “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.â€