Bible Answers
Back to questions
Die tien tone se betekenis?
Dit is krities om te verstaan die Here gee informasie, om later die informasie te herbesoek en dan neutraliseer en gee verbreding en uitbreiding sonder dat die ou inligting verlore gaan. Dit is veral toepaslik op Daniel 2 met die beeld en die tien tone waarvan gepraat word. Volg ook hierdie die skakel vir inligting: https://amazingbibletimeline.com/blog/division-of-west-rome-into-10-parts/ Konsensus vorm rondom die metale en voorstelling van opeenvolgende koninkryke met die bene van yster Rome gevolg deur Pouslike Rome wat realiseer in verdeelde Europa: Volg die skakel: https://amazingbibletimeline.com/blog/division-of-west-rome-into-10-parts/ Hierdie word uitgebrei in Daniel 7 en 8 in die dier met 10 horings wat moet ooreenstem met die 10 tone. Dan. 7:7 “Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot yster tande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.†Dit is weer yster wat ooreenstem met die metaal van die bene en 10 tone beskryf in van Daniel 2 ; maar nou het ons nuwe informasie. Dan. 7:20 “en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oe en 'n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.†Dan. 7: 24 “En die tien horings uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en 'n ander een sal na hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.†Geskiedenis bevestig dat Rome met die pous teen 476nC die drie groepe van die Europese barbare wat in Arianisme(Jesus geskape o.a) geglo het, vernietig het nl. Herule, Oos-Gote en die Vandale. Die tien tone en 10 horings stem dus ooreen, en onthou dat van beeld van gesê word: “sal nie aanmekaar kleef nie.†Ons Let op hoe verenigde Europa nagestreef is met feite oor Charlamaine, Napoleon en ook Hitler sonder sukses, selfs deur druk tot ondertrouery van adel en koninklikes. Ons vind dat nasionalisme en verskillende tale struikelblokke bly, en sodoende die simboliek van ‘yster en klei wat nie kleef nie’ in die profesieë, absoluut steun. Ons verwys ook na die Euro, die Europese parlement en nou ook Engeland met Brexit. Hou egter die NUWE WÊRELD ORDE waarin sogenaamde eenheid sou volg, maar dit sal die grootste krisis van die Wêreld inlei met vervolging van diegene wat nie ingekoop in Roomse teologie!