Bible Answers
Back to questions
Die Kanon en die boek van Henog?
Die boek van “Enoch†was nooit deel van die oorspronklike kanon en rondom die 5e eeu ná Christus was die kanon hanteer. Die 66 boeke van die Bybel soos ons protestante se moderne Bybels daar uitsien, verskil van die Katolieke Bybel wat ook verskeie apokriewe boeke insluit. Indien ons egter gevul is met die inligting gevind in die 66 boeke en die Outeur, die Heilige Gees, dan is dit gou duidelik dat die apokriewe weergawes vreemd ervaar word en nie deur die Skrywer van die res van die 66 neergepen is nie. Slegs die Protestantse kerk in Ethiopië het outonoom hulle eie kanon daargestel en hulle het die boek Henog ingesluit maar geen verdere Protestantse denominasie was gemaklik vir die insluiting hiervan nie. Ons studeer die Skrif. Joh. 5:39 “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.†Die huidige 66 boeke vorm ‘n eenheid en elkeen van die 66 voeg iets by en so die legkaart van Jesus tot voltooiing bring. Die hele skilderdoek is kleurvol voltooi met Jesus se ware beeld. Hiervolgens het ons ‘n volle beeld in ons begrip en ervaring. Daarom vind ons nie die noodsaaklikheid vir verdere soeke buite die Bybel nie. Ons glo dat God die Bybel met Goddelike beskerming daar gestel het soos ons dit ontvang het. Ons is gewaarsku dat uitlating en byvoeging nie toelaatbaar is nie. Openb. 22:18 “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is†Sommige voorstanders sal die bostaande lees en dit toepaslik vind alleenlik ten opsigte van die boek Openbaring. Maar dit onderstreep ‘n beginsel wat beskerm bied teen misleiding. Die bestaande geskrifte verskaf kleurvolle inligting nieteenstaande dat dit millennia oud is. Die 66 boeke wat tot Jesus lei in begrip van God is deur heilige leiding geskryf. Wanneer die ekstra boeke hierby ingelyf word between daar n vinnige ongemaklikheid met die bewustheid van ‘n nuanse wat nie deur die bestaande Bybel gesteun word nie. God het die Skrif daar gestel sodat ons bewapen is teen die bose, deur die kennismaking met Christus en in aanneme van Hom as Verlosser.