Bible Answers
Back to questions
Bestaan bloedlyn vloeke?
Ps. 14:5 “En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.†Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.†Gen. 6:2 “sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.†Die Here se navolgers laat hulle fisies aangetrokke raak deur die dogters as nakomelinge van Kain. Ps. 5:12 “Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.†Die Here het sy uitgelese, uitverkore groep wat op die oproep gereageer het. Ps. 34: 16 “Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. 17Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. 18Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. 19Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. 20Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom. 21Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie. 22Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet. Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.†Duidelik is die Here in beheer van sy navolgers en beskerm Hy hulle met Job. Ps. 34:8 “Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.†Ex. 34:6 â€En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; 7wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.†Hierdie eggo ook in die Tien Gebooie: Ex. 20: 5 “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.†Bostaande pas met niks beter in as dat die keuses in families reflekteer in drie tot vier geslagte met óf positiewe of negatiewe impak wat ervaar word. Dit raak ons i.t.v. dissipline, keuses rondom bv. dieet en/of oefening. Hier is die uitdrukking geneties (die genotipe wat deur jou gene bepaal word) en ook fenotipe (die resultaat wat deur méér as net gene bepaal word.) Epigenetika: “the study of changes in organisms caused by modification of gene expression rather than alteration of the genetic code itself.†Hierdie is baie kompleks maar ons merk bv. Dat vetsug wel in families loop, en dit is minder genetika en eerder a.g.v. familie keuses wat sekere kossoorte aanbetref met die bykomstige vermyding van fisiese oefening. Verandering van hierdie patroon neem moeite en sal wel van twee tot drie geslagte neem vir die verandering van die patroon. Neem n voorbeeld van die Israeliete wat nagelaat het om die voorgeskrewe Sabbatsjaar te hou, en na 490 jaar word hele volk vir 70 jaar in ballingskap geneem om te betaal vir hulle Vaders se hardhorigheid teen God se opdrag. Neh. 9:2 “En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.†Dit verhelder die situasie dat die Joodse volk korporatief hulle Messias verwerp het. Paulus bevestig in Galasiërs hoofstuk 3 dat Jood en Heidin nou geestelike Israel word. Die Joodse volk het hulle eksklusiwiteit verloor en het geen voorsprong op nie-Jode nie. Elkeen is dus nou persoonlik in verantwoordelik teenoor God. Dit geld veral in die Laodisense kerk se tydperk ofte wel, die kerk wat geoordeel word. Mediese spesialiste ondervind bv. Die reaksie en nagevolge in n familie wat spanning hanteer en uit absoluut geen genetiese basis ontstaan nie. Die moeder bv., eet swak a.g.v. spanning, sy kou haar naels, en raak moontlik hardlywig en opgeblase. Kinders neem hierdie dinge aan as normaal deur die aanskoue hiervan en so vorder dit gewoontes in hulle. Hierdie dinge werk ook in die reels van aanbidding … dat ons deur die waarneming van iets en gedurig ervaar, ons bypassend daarby verander word. 2 Kor. 3:18 “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.†Die Bybel steun hierdie gedagte dat ons vir ons eie dade sal Pa staan, maar, Jesus het vir ons die prys betaal. Sien wat Esegiël hiervan maak: Ese.14:14 “al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE.†Ese. 14:18 “al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word. 19 Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei — 20 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.†Daar bestaan geen beginsel in Bybel dat ons die prys vir iemand hoef betaal nie. Ons dra ons eie skulde of ons vra dat Jesus dit hanteer en Hy sal dit op Satan oordra waarvoor hy sal ten einde daarvoor sal brand. Die bostaande verduideliking word gesteun in die weergawe gevind in Johannes hoofstuk 9. Joh. 9:1 “En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af. 2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? 3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.â€